LIEF BLOMPIES IN DIE MAANSKYN Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: W. VON ZUCCALMAGLIO (+ 1869) en R. PALME; verwerk: G.G. CILLIÉ Lief blompies in die maanskyn slaap langs die silwerstroom, elk knikkend met sy koppie so sedig en so vroom. Die lentebloeisels sluimer nou, sagsuisend in hul droom. Doe-doe, doe-doe, my kindjie, sluimer sag. Die lentebloeisels sluimer nou, sagsuisend in hul droom. Doe-doe, doe-doe, my kindjie, sluimer sag.