TULA, TULA NOU Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: PIERRE MALAN Tula, tula, tula nou, tula, terwyl my babatjie slaap. O muisies, staak jul wilde gejakker; ou kriekie tula, jy raas hom wakker! O tula, tula nou, o tula, terwyl my babatjie slaap. Tula, tula, tula nou, tula, aan moeders boesem gerus. Die muisies sal my baba nie steur nie, ou kriekie lala, hy raas nie meer nie! O tula, tula nou, o tula, aan moeders boesem gerus.