PIKANINIE-WIEGELIED Woorde: WALTER SPIETHOFF Musiek: WALTER SPIETHOFF; verwerk: BLANCHE GERSTMAN Slaap Pikaninie, ons vee's in die kraal-- almal ons skapies en bokkies. Môre vroeg kry jy van soetpap 'n maal, en 'n paar spierwitte sokkies. Doe-doe, doe-doe! Doe-doe, doe-doe! Slaap Pikaninie, die ou bobbejaan ken mos vir jou vantevore. As jy nie slaap, kan jy seker wees, man, byt hy jou neus af en ore. Doe-doe, doe-doe! Doe-doe, doe-doe! Pappie kom môre terug van die dam; ry op sy vet ou kapater. As hy dan hoor hoe jy soet was, my lam, hoe sal jou Pappie dan skater! Doe-doe, doe-doe! Doe-doe, doe-doe! Kruip nou maar diep in jou velkombers in; Mammie bak lekker vars tertjies. As jy nie slaap kry ou Mombak sy sin, slaat Pikanien op sy stertjies. Doe-doe, doe-doe! Doe-doe, doe-doe, doe! Met verlof van J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria.