DIE GEVEERDES Woorde: PIERRE MALAN Musiek: PIERRE MALAN Ou Kalkoentjie, maak vas jou skoentjie, jou vere sleep rond op die grond. Ou Makoutjie, gaan soek tog 'n vroutjie, of anders loop jy heeldag deur vir kwaadgeld hier rond. Ou Eendjie, jou kleertjies is spierwitte veertjies, die waters is nooit baie ver. En ou meneer Kraan, wat eenbeen staan, jy dink seker jy's miljoenêr!