DIE MEUL Woorde: A.D.E. GUTSCHE; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: Duitse Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Ek hoor die ou meul by die waterval raas: klip-klap! Die heerlikste speelplek op vader se plaas: klip-klap! Ons swem in die water en spat mekaar nat, ons klim in die boom en gooi klei met die lat. Klip-klap, klip-klap, klip-klap. Die waterwiel draai en die wieletjies klein: klip-klap! Die meulstene maal en die meel is so fyn: klip-klap! En moeder bak koekies, beskuitjies en brood-- dit bly vir ons lekker, al word ons ook groot. Klip-klap, klip-klap, klip-klap. Kom somer en son word die koring gou ryp: klip-klap! Die oes ingesamel, die meulsteen geslyp: klip-klap! Die hemelse Vader gee daaglikse brood; so ly ons nooit honger en ken ons geen nood. Klip-klap, klip-klap, klip-klap.