KABOUTERMAN Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Duitse Volkswysie; verwerk: WALTER SPIETHOFF Daar onder in die bos woon kabouterman. Hy het 'n tuitpunt hoed en 'n jassie aan; In sy mond g'n enkel tand, towerfluitjie in sy hand. Wie kan hy tog wees, daardie ou kalant? Kabouter, stouter, maak jy die kinders bang? Is jy die tokkelos wat die kinders vang? Arrie, ek is bang vir jou; kyk hoe beef my broekie nou! Wag, ek moet laat spat, net-nou kom die ou. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=294