ESELTJIE RY Woorde: SAAR ENGELA Musiek: J. KROMHOUT Ka-poe-te, ka-poe-te, ka-pat, die eseltjie ry ná die stad. Hy pluk aan sy toompie en sukkel met oompie en trek sy twee lang ore plat. Ka-poe-te, ka-poe-te, ka-pout, maar kyk so 'n esel is stout! Toe, roer jou, Jan-dooi, loop vinnig, loop mooi, en klaps! kom 'n raps op die bout! Ka-poe-te, ka-poe-te, ka-pat, maar nou laat so 'n eseltjie spat. Dit spring en dit skop, en dit wip agter op, en oompie lê plat in die pad! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=291