KLEIN BLINKOOG Woorde: ADELE JOOSTE; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Sterretjie loer deur die bloue hemelvloer. Hy kyk van bo wat Loelie maak en sien dan sy is glad nie vaak. Slaap kindjie, slaap. Klein Blinkoogster roep sy mammie daar van ver. Hy fluister daarvan in haar oor en gou het sy 'n plan getoor. Slaap kindjie, slaap. "Kom blinkoog, kom," sĂȘ die mammie toe vir hom: "Loop soek 'n lekker droompie gou, 'n droompie waarvan Loelie hou." Slaap kindjie, slaap. Klein Blinkoogster gooi die droompie daar van ver. Die droompie val vir Loelie raak, dit maak haar sommer gou-gou vaak. Slaap kindjie, slaap. Volkswysie uit "Loelie se liedjies" van Adele Jooste. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=288