IN DIE DIERETUIN Woorde: RYKIE PIENAAR Musiek: RYKIE PIENAAR Hier is die hok waar die apies woon. Nou gaan julle lag! Enetjie swaai op en af die hele liewe dag! Hier is die hok waar die hasies woon. Saggies, saggies nou! Daardie een maak of hy slaap, maar kyk hy loer vir jou! Hier is die hok waar die jakkals woon met sy rooibruin jas: hy hoef dit nie uit te trek nie as hy dit wil was. Hier is die hok waar die eekhoring woon. Kyk hoe blink sy oog! En sy dikke wolhaarstert die staan so met 'n boog! Uit "Ons kleinste maatjies sing (Nr. 27)".