KLOKKE EN DIERE Woorde: RYKIE PIENAAR Musiek: RYKIE PIENAAR My fiets se klokkie sê: Trieng, trieng, trieng. En die kerk se klok sê: Dong, dong. Die voordeurklokkie sê: Trr, trr. En die etensklokkie sê: Tieng-ge-lien-ge-lieng. Die spierwit haantjie sê: Koe-koe-loe-koe. En die groot ou koei sê: Moe, moe. Die lammetjie sê: Mê, mê. En die fraai klein duifie sê: Koe-re, koe-re, koer. Die vet ou padda sê: Kwaak, kwaak, kwaak. En die vaal ou uil sê: Hoe-hoe! Die kleine by sê: Zoemmm, zoemmm, maar die skilpad? Hy bly tjoe-pie-tjoe-pie stil. Uit "Ons kleinste maatjies sing (Nr. 10)". ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=280