HAIDIEDELDIE Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Duitse Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Hai-die-del-die vandag is wasdag, hai-die-del Sannie help vir Ma! Kyk hoe spat die seepskuim nou, hempie, sokkie, broekie blou. Hai-die-del-die vandag is wasdag, hai-die-del Sannie help vir Ma! Hai-die-del-die vandag is strykdag, hai-die-del Sannie help vir Ma! Stryk hom mooi en glad vir jou, hempie, sokkie, broekie blou. Hai-die-del-die vandag is strykdag, hai-die-del Sannie help vir Ma! Hai-die-del-die vandag is ploegdag, hai-die-del Jannie help vir Pa! Span die perdjie voor die ploeg; as ek help word hy nie moeg. Hai-die-del-die vandag is ploegdag, hai-die-del Jannie help vir Pa! Hai-die-del-die vandag is saaidag, hai-die-del Jannie help vir Pa! Saai die koring in die grond; growwe brood maak ons gesond. Hai-die-del-die vandag is saaidag, hai-die-del Jannie help vir Pa! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=279