SANNIE SE LAMMETJIE Woorde: Tradisioneel: Vers 1; P. MCLACHLAN: Vers 2, 3, 4 Musiek: Tradisioneel Sannie het 'n lammetjie, lammetjie, lammetjie. Sannie het 'n lammetjie, sy wol is wit soos melk. Sannie gee die varkies kos, varkies kos, varkies kos. Sannie gee die varkies kos, die lammetjie loop saam. Hy trap toe in die modderplas, modderplas, modderplas, hy trap toe in die modderplas en kyk hoe lyk hy nou. Maar Sannie het hom afgewas, afgewas, afgewas, maar Sannie het hom afgewas, met grasies vol van dou. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=277