WIET VERNIET Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Volgens Nederlandse Wysie Kokke, kokkewiet, wiet, wiet, my nessie sit in die riet, riet, riet; die mense soek verniet, niet, niet! Kokkewiet! Akkel, akkeldis, dis, dis, so blink en glad soos 'n vis, vis, vis; jy vang verniet: dis mis, mis, mis, akkeldis! Skilpad, skilpaddop, dop, dop, so hard jy kan maar klop, klop, klop; die ou laat hom nie fop, fop, fop. Skilpaddop!