OU TANTE KOBA en BOBBEJAAN KLIM DIE BERG Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Ou tante Koba, sy was so dom, sy roer haar koffie met haar groottoon om. Tie-rie-rie-ra, die-rie ram-pam-pa! Tie-rie-rie-ra, die-rie-ram-pam-pa! Ou tante Koba, maak oop die deur; jou man se broek sit vas in die skeur. Tie-rie-rie-ra, die-rie ram-pam-pa! Tie-rie-rie-ra, die-rie-ram-pam-pa! Bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig; bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig; bobbejaan klim die berg om die boere te vererg. Hoera vir die jollie bobbejaan! O moenie huil nie, o moenie treur nie, die Stellenbosse boys kom weer. O moenie huil nie, o moenie treur nie, die Stellenbosse boys kom weer. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=258