LAPPIEDY, LAPPPIEDA Woorde: BOERNEEF Musiek: ROSA NEPGEN, 1968 Lap-pie-dy, lap-pie-da, lap-pie-da; la-la-la, la-la-la, lap-pie-dy, lap-pie-dy, lap-pie-dy, lap-pie-da. So voor op die, voor op die wa, so vroeg in die aand van die lentemaand, in die pamplierbos, in die pamplierbos. Ag-ge-nee, ag-ge-ja, appelliepie jou blaar, ons twee vir mekaar, vir mekaar so vroeg, so vroeg in die aand van Septembermaand, ons twee, ons twee vir mekaar. Ag-ge-nee, ag-ge-ja!