PRESIDENT BRAND SE REIS NA ENGELAND Woorde: Anoniem Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: JAN BOUWS Oom Jannie het Eng'land toe gegaan omdat hy wou gaan kla het, dat Barkley, Southey en Lang-Jan hom al te veel gepla het. O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie, wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg! As ek hul sê: "Dit is nie reg dat hulle van ons land en steentjies ons wou beroof", dan word hul kwaad en sê: "Loop na die eendjies!" O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie, wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg! Hy sê: "Victoria! Hul't ons land met al die diamante maar sommer van ons afgevat, sowaar, my liewe Tante!" O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie, wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg! "Dan gee'k jou veertig duisend pond om die diefstal te bedekke. En wil jy dit nie vat, ou Jan, dan kan jy sommer trekke." O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie, wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg! Toe word oom Jan so opgeruim oor sy land en diamante; hy spring daar op en soen sowaar sy liewe oue tante. O, wag 'n bietjie, ja, wag 'n bietjie, wag dan 'n bietjie en dan kom alles reg! S.A. Volkswysie, soos opgeteken deur mev. Jo Fourie en dr. Elizabeth Conradie. Uit "Die Volkslied: Weerklank van 'n volk se hartklop", Jan Bouws (HAUM).