SIMON HET 'N DIAMANT Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Simon het 'n diamant, Simon het 'n diamant, Simon het 'n diamant daar onder in Johannesburg. Die linte waai, die skoene kraak, die sydoekie sit ek in my sak; Die linte waai, die skoene kraak, die sydoekie sit ek in my sak. S.A. Volkswysie, soos opgeteken deur Chris Lamprecht by mev. Bettie du Toit van Heidelberg, K.P. Die teks en melodie uit: "Dit kom van ver af" van Chris Lamprecht (Die Staatsdrukkery, Pretoria) en word gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursvergunning 62 47 van 14-7-1978.