DAAR IN DIE VELDE (Dis net 'n worsie) Woorde: IDALETTE ODENDAAL: Vers 1; Tradisioneel: Vers 2 Musiek: Duitse Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Daar in die velde rondom die vuurtjie slyt ons 'n uurtjie van louter plesier. Ons sing ons liedjies hartlik en vrolik in die bekoorlike lig van die vuur. En deur die toppe van die bome hoor ons fluister, so in die duister, die windjie sy lied. Daar in die velde rondom die vuurtjie slyt ons 'n uurtjie van louter plesier. Dis net 'n worsie, anderhalf duimpie, bo-op 'n snytjie botter en brood. Dis net 'n skuimpie, anderhalf duimpie, bo-op 'n glasie skuimende bier. Maar in ons hart is daar geen smart, dis vol van vreugde, ons het die worsie na binne gestuur. Dis net 'n worsie, anderhalf duimpie, bo-op 'n snytjie botter en brood. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=248