ANTJIE SCHUT Woorde: Tradisioneel; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: "Clementine", Amerikaanse Volkswysie; verwerk: ANTON HARTMAN Aan die kantjie van die randjie, in 'n mooi klein rietdakhut, by haar mamma en haar pappa woon my liewe Antjie Schut. Jaag die eendjies, haak haar beentjies, en die water kon nie stut. Sy's gesonke en verdronke, ag my arme Antjie Schut. By 'n stroompie, waar 'n boompie met sy skadu ons beskut, groei 'n rosie, rooie rosie uit die stof van Antjie Schut. Ag ek mis haar, ag ek mis haar, o my liewe Antjie Schut; maar haar suster's glad nie skugter, en dit vind ek so van nut. Dit is klaar nou, ook met haar nou, en my rympie uitgeput. Maar g'n hartseer of g'n smart meer oor die dogters van oom Schut!