DIE OUKRAAL-LIEDJIE Woorde: MANAS en AMIE DE VILLIERS Musiek: J.A. BROWN; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie, sing ons die Oukraal-liedjie saam; sing ons van waterstrome, slange in olienhoutbome en 'n ribbok wat daar teen die rantjie staan. Ons sing, (ons sing,) ons speel (ons speel) van die Oukraal wat ons nooit nie sal verveel, sal verveel. Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie, sing ons die Oukraal-liedjie saam.