KOLPERD Woorde: ELZA LAMPRECHT Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT As ek ver in die veld op my kolperd ry dan voel ek vry en ek sing so bly; as ek ver in die veld op my kolperd ry dan voel ek vry en ek sing so bly. En ek sing van die son van my land so skoon, my land so skoon waarin ek woon; en ek sing van die son van my land so skoon, my land so skoon waarin ek woon. S.A. Volkswysie, soos opgeteken deur Chris Lamprecht by oom Andries van Nieuwenhuizen van Lydenburg. Die melodie uit "Dit kom van ver af" van Chris Lamprecht (Die Staatsdrukkery, Pretoria) en word gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursvergunning 62 47 van 14-7-1978. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=235