GOEIENAG, VRIEND Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Volkwysie uit Sakse; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Goei'nag, vriend, goeienag. Verby ons skerts en lag; maar vriendskap sal bly. Dus, maat, al groet ons nou, die aand sal ons onthou en vriendskap sal bly. Goei'nag, vriend, goeienag. Daar's môre nog 'n dag; totsiens en goeienag. Ons moet nou huiswaarts keer, so 'n aandjie kom mos weer; totsiens en goeienag! Geliefde, goeienag. Die maantjie skyn so sag; 'k sou altyd wou bly. Helaas, ons moet ook groet, al was die aand so soet 'k sou altyd wou bly.