O, EK WOON BY MY PAPPA Woorde: PIERRE MALAN Musiek: Franse Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN O, ek woon by my pappa om sy ambag te leer. Hy's 'n herder, hy leer my om skapies te skeer. Ha-ha, ha-hi, ek leer by my pappa, ha-ha, ha-hi, om skapies te skeer. En toe ek hul een môre wou laat loop uit die kraal merk ek daadlik ou wolf het 'n paartjies kom haal! Ha-ha, ha-hi, ou wolf het 'n paartjies, ha-ha, ha-hi, vir sy maaltyd kom haal. Net die bene was oral in die veld rondgestrooi waar ou wolf rondgelê het en smul aan sy prooi. Ha-ha, ha-hi, ou wolf rondgelê het, ha-ha, ha-hi, en smul aan sy prooi. Van die bene maak ek toe maar 'n fluitjie vir my, om 'n deuntjie te speel om daar troos uit te kry. Ha-ha, ha-hi, ek speel toe 'n deuntjie, ha-ha, ha-hi, om troos uit te kry.