IN DIE HELDER MAANSKYN Woorde: C.G.S. DE VILLIERS Musiek: "Au clair de la lune", Franse Kinderliedjie In die helder maanskyn, goeie buurmansvrou. Ag, my pen is stukkend, leen my joue gou. Ook het ek g'n kers nie, weg my tonteldoos. Help my goeie buurvrou, wees tog net nie boos. In die helder maanskyn antwoord buurvrou net: Nee, ek het g'n kers nie, ek is reeds in bed. Vra vir Hannie langsaan, vrou van ou neef Koos, want in haar kombuisie staan sy tonteldoos.