AAI, AAI, DIE WITBORSKRAAI Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3 Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT [Tradisioneel] Aai, aai, die Witborskraai! Hiervandaan na Mosselbaai --Oompie wil na Tannie vry, maar Tannie trek haar neus opsy. [1] Aai, aai, die Witborskraai! Hiervandaan na Mosselbaai --hoog gevlieg en laag geswaai, by die groot see omgedraai. [2] Raai, raai--Janpiet Kepaai het sy rietgeweer gelaai, tier gaan skiet by Mosselbaai, nooi nie weer daar omgedraai. [3] Fooi, fooi, Stefaans du Toit het gaan kuier by 'n nooi met sy rietperd in die Baai, daadlik weer daar omgedraai. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=221