SAAI DIE WAATLEMOEN Woorde: Tradisioneel: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3, 4 Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN [1] Saai die waatlemoen, saai die waatlemoen, saai die waatlemoen, saai die waatlemoen! My mamma roei in die skuitjie, my pappa blaas 'n fluitjie, my boetie draai die orreltjie, saai die waatlemoen! [2] Braai die jong kalkoen, braai die jong kalkoen, braai die jong kalkoen, braai die jong kalkoen. My tannie dra 'n kruikie vol water uit die spruitjie, sy saai 'n koringkorreltjie, en kry 'n boerpampoen! [3] Wat sal ek tog doen? Wat sal ek tog doen? Wat sal ek tog doen? Spyker in my skoen! Die nooi'ntjie brei 'n truitjie, sy trek haar mond 'n tuitjie, sing 'n wysie deur haar gorreltjie. Wat sal ek tog doen? [4] Almal wil haar soen, almal wil haar soen, almal wil haar soen, almal wil haar soen! Dan bak sy maar 'n kluitjie en sĂȘ sy's klaar 'n bruidjie, die vonkelwyn maak 'n borreltjie, almal wil haar soen! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=220