ALLERMOOISTE DING Woorde: CHRIS LAMPRECHT Musiek: Konsertina-settees; verwerk: CHRIS LAMPRECHT In die middel van die winter is dit baie koud en nat, in die somer val die reën dat die water spat, in die middel van die herfs is die blare rooi, maar die allermooiste ding is 'n lentenooi. Voëltjies sing, en die voëltjies fluit, nuwe, nuwe lewe in die lentetyd. Voëltjies sing, en die voëltjies fluit, nuwe, nuwe lewe in die lentetyd. Konsertina-settees, soos opgeteken deur Chris Lamprecht by oom Andries van Nieuwenhuizen van Lydenburg. Die teks en melodie uit "Dit kom van ver af" van Chris Lamprecht (Die Staatsdrukkery, Pretoria) en word gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursvergunning 62 47 van 14-7-1978. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=217