DAAR KOM DIE WA Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3 Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN [Tradisioneel] Daar kom die wa, die vierperdewa! Hy het nie naam nie, sy naam moet hy nog kry. Tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai, tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai. [1] Daar kom die wa, die vierperdewa! Hy kan nie hou nie, hy's glad te swaar gelaai. Hokaai, hokaai, by die draai--een om af te laai; Hokaai, hokaai, briek aandraai, stilhou by die draai. [2] Wat dra die wa, die vierperdewa? Net pure nooi'ntjies, en een moet agterbly. Hul's ewe fraai--wie sal raai wie om af te laai? Laat my maar sê, sonder raai, watter ek wil hê. [3] Af klim die nooi, die uitgesoekte nooi. Sy het nie baas nie--dis tyd dat sy een kry. Dit pas 'n baas op 'n plaas om 'n nooi te kry: Ek het 'n nooi, goed en mooi, en sy's baas oor my.