DIE VROLIKE MUSIKANT Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Duitse Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN My vader was 'n musikant, 'n man van durf en daad, met stem en snaar, viool, kitaar was hy altyd kordaat. Wal-de-rie, wal-de-ra, wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la. Wal-de-rie, wal-de-ra, was hy altyd kordaat. My moeder was 'n musikant, 'n niggie fiets en fraai; met bly gemoed en lig van voet kon sy ook tiekiedraai. Wal-de-rie, wal-de-ra, wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la. Wal-de-rie, wal-de-ra, kon sy ook tiekiedraai. En nou is ek 'n musikant, hoe kan dit anders wees! Ek speel soos pa en dans soos ma--die skoen pas by die lees. Wal-de-rie, wal-de-ra, wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la. Wal-de-rie, wal-de-ra, die skoen pas by die lees.