KAMMALANDSE TANNIE Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Veertien rooibontes die trek voor my wa, sewe van my en sewe van my pa. Die hot-op-vier die heet Napier en die haar-op-vier die drink sy bier. [REFREIN] Kammaland se tannie met die vaalkuif haar, stuur ons die toue van die bamboesblaar; agter die wa is die ysterbriek, voor by die tou loop die "swarte kriek". Die hot-op-ses is 'n rooie met 'n bles, die haar-op-ses die doen sy bes. Die hot-op-ag die loop met mag en die haar-op-ag die doen sy krag. [REFREIN] Kammaland se tannie met die vaalkuif haar, stuur ons die toue van die bamboesblaar; agter die wa is die ysterbriek, voor by die tou loop die "swarte kriek". Die hot-op-tien die loop en sien, die haar-op-tien die trek miskien. Die hot-op-twaalf is 'n ou koei se kalf en die haar-op-twaalf het die strop om die hals. [REFREIN] Kammaland se tannie met die vaalkuif haar, stuur ons die toue van die bamboesblaar; agter die wa is die ysterbriek, voor by die tou loop die "swarte kriek". S.A. Volkswysie, soos opgeteken deur Chris Lamprecht by tant Miemie Gouws van Excelsior, O.V.S. Die teks en melodie uit "Dit kom van ver af" van Chris Lamprecht (Die Staatsdrukkery, Pretoria) en word gereproduseer ingevolge die Staatsdrukker se Outeursvergunning 62 47 van 14-7-1978. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=205