WAAI MET DIE WIEPIE Woorde: Tradisioneel en P. MCLACHLAN: Vers 2 en 3 Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Ek kom vanaand by die huis, my huis is sonder dak. Ek kry my vrou in die vuurherd, sy sit en poffertjies bak. [REFREIN, 2x] Waai met die wiepie, waai, waai met die wiepie, waai, waai met die wiepie, waai met die wiepie, waai met die wiepie, waai. Ek kom vanaand by die huis, my huis se dak die staan. Ek kry my vrou in die voorhuis, sy sing net waar sy gaan. [REFREIN, 2x] Waai met die wiepie, waai, waai met die wiepie, waai, waai met die wiepie, waai met die wiepie, waai met die wiepie, waai. Ek kom vanaand by die huis, my huis is blink geverf. My vrou die stap in 'n sisrok, soos 'n pronkpou op die werf! [REFREIN, 2x] Waai met die wiepie, waai, waai met die wiepie, waai, waai met die wiepie, waai met die wiepie, waai met die wiepie, waai. 'n Wiepie is waarskynlik 'n soort waaier om o.a. 'n vuur mee aan te blaas of om die rook weg te waai. Sommige mense meen egter dat dit 'n swepie kan wees. S.A. Volkswysie, met die teks van die eerste vers en die melodie uit: "Die Volkslied--Deel van ons Erfenis" deur Jan Bouws.