WAAR KRY JY DAARDIE HOED? Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Waar het jy daardie hoed gekry? Dis snaaks om te vermeld: my oupa het mos doodgegaan, toe kry 'k sy plaas se geld. Maar noudat hy begrawe is, het hul vir my gesê dat ek altyd sy hoed moet dra as ek sy geld wil hê. [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?" As ek na die konsert toe gaan om mooi musiek te hoor dan skree hul daar van agter af, al sit ek reg van voor; en as ek na die sirkus gaan om al die pret te kyk, die Slamse en die derdeklas, hul skree almal gelyk: [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?" Skaars was ek agtien jare oud toe wou ek al gaan trou; die mense sê die vryery het lank genoeg gehou. Ons loop toe gou-gou na die kerk, die mooiste paar in 't land; maar net toe ons die kerk inkom toe sê die predikant: [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?" Die anderdag om kwart-oor-een stap ek die straat hier af; maar elke hond wat my sien stap, die wil net vir my blaf. En, ag, daar kom die skool net uit, die hele kinderspan, hul hardloop my toe agterna en skree so hard hul kan: [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?" Die anderdag is ek genooi na Piet Joubert se huis. Die President was ook net daar, sy vroutjie bly maar tuis. En julle sal my net nie glo hoe bly was ek dié dag toe President met my kom praat, toe sê hy: "O, my mag! [REFEIN] "Waar kry jy daardie hoed, waar kry jy daardie keil? Dis 'n alte mooie hoed, ek wil graag met jou ruil. 'k Wil vir my ook so een kry, gemaak van dieselfde goed." Net waar ek draai, hulle skree: "Haai, haai! Waar kry jy daardie hoed?" ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=191