SEEMANSLIED Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Neger-Amerikaanse lied; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Ek's 'n seeman taai en stoer en sterk, die see is in my bloed. Die Suidoos waai om die hoek van Tafelbaai maar ek vind dit altyd goed; met 'n hy-jo, hy-jo-jo, hy-jo, hy-jo-jo, hy-jo, hy-jo-jo, ja! Rod-del-die-del-die, rod-del-die-del-da, met hy-jo, hy-jo-jo, ja! Van die Kaap, verby Agulhaspunt, vaar ons na Mosselbaai; of noordwaarts op waar die koue waters klop teen Saldanhabaai se kaai; met 'n hy-jo, hy-jo-jo, hy-jo, hy-jo-jo, hy-jo, hy-jo-jo, ja! Rod-del-die-del-die, rod-del-die-del-da, met hy-jo, hy-jo-jo, ja! As die winter kom dan loop die snoek, Noordwesterwinde waai; met seemansmoed en 'n visterman se goed bring ons vragte na die Baai; met 'n hy-jo, hy-jo-jo, hy-jo, hy-jo-jo, hy-jo, hy-jo-jo, ja! Rod-del-die-del-die, rod-del-die-del-da, met hy-jo, hy-jo-jo, ja! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=187