KAAPSE DRAAI Woorde: DANIE BOSMAN Musiek: DANIE BOSMAN; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Kyk hoe maak die kêrel daar 'n Kaapse draai, Kaapse draai, Kaapse draai. Kyk hoe ry die kêrel dat die stof so waai, stof so waai, ai, ai. Luister na die perde, dit galop, galop; en die kar se wiele, dit gaan om, gaan om. Selfs die draaghout antwoord met 'n klop, klop, klop; en die kêrel skree hardop: "Pas op, ek kom!" Wag vir my 'n bietjie by die Kaapse draai, Kaapse draai, Kaapse draai. Ek wil met jou saamry na Saldanhabaai, ai, ai, ai, ai, ai. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=182