KOM PATERTJIE Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN Kom Patertjie, buig jou stywe dop en volg jou nonnatjie in 'n kring. Want in die kring is ons so bly en laat ons soms so lig verlei om saam in die rondte te gly. Draai ons en swaai ons tot laat in die nag; hier sal ons nooit nie op ander laat wag. Eerder sal ons hulle wakker laat bly om hier tesaam in die rondte te gly.