DIE WOORD VAARWEL Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie, opgeteken deur C.G.S. DE VILLIERS in die distrik Caledon; verwerk: REINO OTTERMANN Die woord vaarwel dit val my swaar en die skeiding nog veel meer. Vaarwel my seergeliefde, vaarwel, ek treur nie meer. Jy het my swak behandel! Jy was my seer ontrou. Nooit kon ek jou woord gelowe, nooit kon ek op jou bou. "Die Blou Berg" het oorspronklik saam met "Caledonse Liefdesliedjie" en "Die Woord Vaarwel" bekend gestaan as "Drie Overbergse Liefdesliedjies" en kan dus ook as 'n eenheid uitgevoer word.