HOE VERMAAKLIK IS DIE DAE Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Ou Afrikaanse lied; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978 Hoe vermaaklik is die dae as ek net by jou kan bly; sonder droefheid, sonder klae, bly jy net maar aan my sy, bly jy net maar aan my sy, bly jy net maar aan my sy. Jou te sien--dit is my vreugde; jou te sĂȘ: ek bly jou trou. Net te sing van al jou deugde: dis my hulde, lief, aan jou, dis my hulde, lief, aan jou, dis my hulde, lief, aan jou. Waarom wil jy van my weggaan? Waarom tog die groot verdriet? Moet ek dan alleen my weg baan? Was my liefde dan verniet, was my liefde dan verniet, was my liefde dan verniet? Duisend sugte met verlange stuur ek daagliks net aan jou. Eensaam deur die lewensgange is my dae, sonder jou, is my dae, sonder jou, is my dae, sonder jou. Nee, geliefde, ons mag nie skei nie, 'k het my hart aan jou verpand; en g'n ander sal dit kry nie, onverbreekbaar bly die band, onverbreekbaar bly die band, onverbreekbaar bly die band. Musiek uit "Hollands-Afrikaanse Liederbundel" van N Mansvelt (Amsterdam; Hollands-Afrikaanse Uitgw. Mij, Kaapstad; J.H. de Bussy, Pretoria). ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=161