BY DIE OU MEULSTROOM Woorde: Anoniem; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: TELL TAYLOR; verwerk: G.G. CILLIÉ Ek dink nog aan die dae nou reeds lank verby toe jy en ek beloof het mekaar getrou te bly. Jou hare is nou silwer maar toe was dit nes goud; Dit sal ek nooit vergeet nie, word ek nog so oud. [KOOR, 2x] Daar langs die waterstroom by die wilgerboom eers ontmoet ek jou met jou oë blou. By die meulstroom, daar het ek eers gewaar hoe ek jou min, my koningin, by die ou meulstroom. Die meul se wiel staan stil nou--nooit meer draai dit rond. Die wilg is lank verdor al en lê daar op die grond; maar nog na al die jare is ons twee bymekaar; nog altyd bloei ons liefde, skoner elke jaar. [KOOR, 2x] Daar langs die waterstroom by die wilgerboom eers ontmoet ek jou met jou oë blou. By die meulstroom, daar het ek eers gewaar hoe ek jou min, my koningin, by die ou meulstroom. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=160