'N LIEDJIE VAN VERLANGE Woorde: EITEMAL, na "Ich weiss nicht was mir fehlet" Musiek: Uit Morawiƫ; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Ek wonder wat my hinder! Daar's onrus in my hart, of daar 'n bange vlinder sag huiwer in sy smart, of daar 'n bange vlinder sag huiwer in sy smart. 'n Tortelduif se sange het in my siel gevaar. 'n Liedjie van verlange wat glad nie wil bedaar, 'n liedjie van verlange wat glad nie wil bedaar.