SOVEEL GROETE STUUR EK JOU Woorde: THEO W. JANDRELL: Vers 1; P. MCLACHLAN: Vers 2, 3 Musiek: Volkswysie Soos die sterre aan die hemel, wat daar vonkel ongeteld, soos die skape wat daar wemel op ons wye malse veld, soos die voëltjies, wat daar swewe, vlugtig dartel, swink en swewe, soveel groete stuur ek jou, soveel groete stuur ek jou. Noudat ek in vreemde lande ver van huis en haard moet dwaal, nou verbreek jy liefdesbande, praat jou hart 'n ander taal. Was jy liewer nooit my eie, o my liefste, nooit my eie, was die smarte my gespaar, was die smarte my gespaar. Ligter word my hartsverlange as ek dink aan lank gelee. Elke môre sug my sange: Sal sy weer haar liefde gee? In die aande rys my bede, in die aande, stille bede: O my liefste, kom tog t'rug, o my liefste, kom tog t'rug.