BEGROETING Woorde: EITEMAL, na L. von Eichendorff Musiek: F. MENDELSSOHN-BARTHOLDY Waar ek ook gaan, betower deur bos en groene woud of staar van hoƫ kruine oor veld en blommeweide, groet ek jou duisendvoud, groet ek jou duisendvoud, jou groet ek duisendvoud. Ek samel in my tuintjie die blomme, fris en mooi; dan bind ek louerkrone en vleg daarin my drome, met groete uitgestrooi by sagte awendrooi, duisend groete uitgestrooi. Maar wie bied jou 'n kransie van blomme, broos en skoon; as blomme ons begewe sal, in die hart herlewe, die liefde vir ewig woon, die liefde vir ewig woon, die liefde ewig woon, die liefde ewig woon. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=152