DAAR GAAN UIT VERGANGE SE DAE Woorde: JAN F.E. CELLIERS Musiek: "Die Loreley", FRIEDRICH SILCHER, 1883; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Daar gaan uit vergange se dae 'n beeld voor my oë verby; my hart is met weemoed geslae, maar voel tog ook rustig en bly. Die windjie roer sag deur die bome, die weste se glanse verdwyn; die berge, verlore in drome, staan ver in die aandsonneskyn. Die mooiste jong nooi'ntjie is myne, vanaand is my hart weer by haar. Haar oë, die sagste, die reine, is, net soos haar wese, so waar, eenvoudig en waar soos die velde, van wêreldse modetjies vry. Nie één is te kry nie, of selde, soos sy, daardie nooi'ntjie van my. O, kan ek die smart nie meer dra nie van skeiding se lang, lange dag, dan hoor ek 'n stem: "Moenie kla nie", en sien 'n lief mondjie se lag, dan lees ek betowerd die tale, in oë so diep en so trou: "Hier ver oor die berge en dale, is ene wat wag, net vir jou". ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=151