O, WAS JY OP DIE VLAKTE SKRAAL Woorde: B. KOK, na Rob. Burns: "Oh, wert Thou in the cauld blast" Musiek: F. MENDELSSOHN-BARTHOLDY O, was jy op die vlakte skraal, waar snerpend koud die winde dwaal, my liefdeskleed sou jou omvou, vir ewig trou, vir ewig trou. Sou onheilstorms hewig tier, rondom jou woed, rondom jou woed, my liefde sou 'n mantel wees wat jou behoed, wat jou behoed. Of was jy in 'n woesterny, verlate, vaal, verlate, vaal, 'n paradys sou daar verrys, vol prag en praal, vol prag en praal. Was ek 'n koning op 'n troon, deur jou bemin, deur jou bemin; die skoonste sieraad in my kroon, my koningin, my koningin!