DAAR OP ONS PLASIE Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: "Old Folks at Home", STEPHEN C. FOSTER; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Daar op ons plasie in die Boland, lieflik en skoon, daar is die plek van my geboorte, het ek as kind gewoon. Weereens sien ek in my gedagtes bome in blom, saans hoor ek nog die diergeluide, skape wat kraal toe kom. [REFREIN] Oral waar ek heen mag swerwe, nêrens voel ek tuis. Waar is 'n mens tog so gelukkig soos by sy ouerhuis? Heerlik die lente daar as blomme kleurvol verskyn, oral versprei hul soete geure, helder die sonneskyn. Saans sak die son daar oor die heuwels, rooi is die lug. Al's op die werf is so bedrywig, kon ek maar daarheen vlug! [REFREIN] Oral waar ek heen mag swerwe, nêrens voel ek tuis. Waar is 'n mens tog so gelukkig soos by sy ouerhuis? O, neem my saam oor berge en dale. Ver hier vandaan staan daardie huis waar ek gewoon het, daar by die eikelaan. O, kon ek net weer eenmaal daarheen, tuiste van my; daar maak die vrede my gelukkig, daar wil ek altyd bly. [REFREIN] Oral waar ek heen mag swerwe, nêrens voel ek tuis. Waar is 'n mens tog so gelukkig soos by sy ouerhuis?