SARIE MARAIS Woorde: Waarskynlik deur (a) J.P. TOERIEN of (b) DIRK VAN ALPHEN of (c) SUSTERS BEZUIDENHOUT (d) B.A. DE WET: Vers 3 Musiek: SEP WINNER, na "Sweet Ellie Rhee" uit Scottish Students Song Book, 1891; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS [1] My Sarie Marais is so ver van my hart, maar'k hoop om haar weer te sien. Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon, nog voor die oorlog het begin. [KOOR] O bring my t'rug na die ou Transvaal, daar waar my Sarie woon, daar onder in die mielies by die groen doringboom, daar woon my Sarie Marais, daar onder in die mielies by die groen doringboom, daar woon my Sarie Marais. [2] Ek was so bang dat die Kakies my sou vang en ver oor die see wegstuur; toe vlug ek na die kant van die Upington se sand daar onder langs die Grootrivier. [KOOR] O bring my t'rug na die ou Transvaal, daar waar my Sarie woon, daar onder in die mielies by die groen doringboom, daar woon my Sarie Marais, daar onder in die mielies by die groen doringboom, daar woon my Sarie Marais. [3] Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes. Hul sleep jou altyd water toe. Hul gooi jou op 'n skip vir 'n lange, lange "trip", die josie weet waarnatoe. [KOOR] O bring my t'rug na die ou Transvaal, daar waar my Sarie woon, daar onder in die mielies by die groen doringboom, daar woon my Sarie Marais, daar onder in die mielies by die groen doringboom, daar woon my Sarie Marais. [4] Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar, terug na die ou Transvaal; my liewelingspersoon sal seker ook daar wees om my met 'n kus te beloon. [KOOR] O bring my t'rug na die ou Transvaal, daar waar my Sarie woon, daar onder in die mielies by die groen doringboom, daar woon my Sarie Marais, daar onder in die mielies by die groen doringboom, daar woon my Sarie Marais.