LEER OM LEER Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: F. VAN WOYNA, 1845; verwerk: PIERRE MALAN Hans is glad uitgeteer, dof sy oë, bleek sy wange, en met duis'ling bevange, ai! sy kop is so seer! Daar kom Miem met fraaiste rokkie, langs elk' oor 'n skalkse lokkie, maak of sy hom nie sien nie, dit is die derde keer, maak of sy hom nie sien nie, dit is die derde keer! Hans se ore die hang, en sy kamer tree hy binne, smart benewel sy sinne, o wat nou aangevang? Môre kry jy weer jou kansie, "Leer om leer", onthou dit Hansie! Maak of jy haar nie sien nie, só sal jy haar weer vang! Maak of jy haar nie sien nie, só sal jy haar weer vang! Hansie loop nou weer rond, oë helder, flink sy skrede, opgeruimd en tevrede, hy is fris en gesond! Miem met lonkies minnekosend, en met wange lieflik blosend, vra vir Hans om 'n soentjie en kry dit ook terstond! Vra vir Hans om 'n soentjie en kry dit ook terstond! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=141