DAAR LOOP 'N JONKMAN Woorde: C.J. LANGENHOVEN Musiek: Na 'n Nederlandse Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1973 Daar loop 'n jonkman aan die strand-- waar, dog hy, is sy? Al gee ek haar dan maar die hand, en sy gee haar hand vir my-- ons twee, ek en sy! Daar loop 'n jongnooi aan die strand-- waar, dog sy, is hy? Al gee ek hom dan maar die hand, en hy gee sy hand vir my-- ons twee, ek en hy! Daar loop twee same aan die strand, handjies in mekaar-- gegee en vasgehou die hand: weer laatlos is glad te swaar tussen hom en haar. Die handjies eers en nou die soen; eenmaal ingewy, kan ons dit nou maar meermaal doen-- tweemaal sesmaal, tienmaal soen, ons twee, ek en jy. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=139