DAAR OORKANT DIE SPRUIT Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: REINO OTTERMANN Daar oorkant die spruit staan 'n mooi rooi blom. Hoe sal ek maak om by haar te kom? Dis te ver om te loop, dis te na om te ry. Hoe sal ek maak om die blom te kry? [REFREIN] Dis nie myne nie, dis nie joune nie, dis anderman se goed wat jy om stry. Dis nie myne nie, dis nie joune nie, dis anderman se goed wat jy om stry! Daar bo op die kop staan 'n bloedrooi roos. Wie sal ooit vir my kan troos? Dis te ver om te loop, dis te na om te ry. Hoe sal ek maak om die roos te kry? [REFREIN] Dis nie myne nie, dis nie joune nie, dis anderman se goed wat jy om stry. Dis nie myne nie, dis nie joune nie, dis anderman se goed wat jy om stry! Dis te ver om te ry, dis te na om te bly. Hoe sal ek maak om die nooi te kry? Die pad is swaar en die perde is maer, ander jonkmans die draai ook daar. [REFREIN] Dis nie myne nie, dis nie joune nie, dis anderman se goed wat jy om stry. Dis nie myne nie, dis nie joune nie, dis anderman se goed wat jy om stry! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=138