EK SOEK NA MY DINA Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3 Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ [Tradisioneel] Ek soek na my Dina, my Dina, my Dina; ek soek na my Dina, die Dina van my. O, hier is my Dina, my Dina, my Dina; o, hier is my Dina, die Dina van my. [C.J. Langenhoven] Ek soek 'n lemoentjie, en toe 'n pampoentjie --presentjie vir Dina--en kon dit nie kry. "Laat staan wat daar ver is; daar's nader en beter; gee dié maar", sê Dina, "gee dié maar vir my". Ek soek 'n jangroentjie, 'n pêrelemoentjie --presentjie vir Dina--en kon dit nie kry. "Laat staan wat so skaars is; daar's volop en beter; gee dié maar", sê Dina, "gee dié maar vir my". Pampoentjie, jangroentjie, en pêrelemoentjie --wat is daar op aarde dan beter te kry? En toe kom 'n ander en gee haar 'n soentjie --en nooit meer 'n Dina, 'n Dina vir my. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=136