TORTELDUIFIES Woorde: EITEMAL, na H. Löns: "Der Tauber ruft" Musiek: F. JÖDE; verwerk: PIERRE MALAN Hoor hoe die tortel roep: roe-koe-koe-koe! Sag koer die wyfie hom so vriend'lik toe. Wat sê die tortel met roe-koe-koe-koe? Hoor hoe hy smeek en roep, o hoor tog hoe! Stil is die tortel nou, geen roe-koe-koe. Wyfietjie koer hom nie meer vriend'lik toe. Wat sou die tweetjie doen, roe-koe-koe-koe? Waarnatoe hierdie somer, waarnatoe? Hoor hoe my hartjie klop: doe-dou, doe-dou. Wat is die antwoord van jou hartjie nou. Wat sou my hart bedoel, doe-dou, doe-dou? Hy sê dat hy verlang alleen na jou. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=133